’n Diens vir Basil Kivedo (71), voormalige burgemeester van Worcester en lid van die Wes-Kaapse wetgewer, sal aanstaande naweek in Worcester gehou word nadat hy Maandag aan ’n hartaanval dood is.
Verskeie politieke partye en organisasies het die afgelope week hulde aan hom gebring.
Sy familie het Donderdag gesê reëlings word vir ’n diens volgende naweek getref.