’n Kaapse familie neem Vrydag afskeid van hul seun, ’n rekenmeester, op wie se terugkeer hulle twee weke gelede vanaf Amsterdam gewag het. Hy het nooit in Suid-Afrika aangekom nie omdat hy op die Schiphol-lughawe dood is.
Johannes Oosthuizen (34) het op 14 Mei op die lughawe ná ’n hartaanval inmekaargesak enkele minute voordat die vliegtuig na Suid-Afrika sou vertrek.
Sy laaste teksboodskap aan sy ma, Marita (68), lui “vlieg nou huis toe”.