’n Gesin van Centurion se miniatuur-worshond moes van kant gemaak word nadat sy op ’n vlug van George na Johannesburg beseer is.
Noelene Swart (22) van Midstream Estate en haar gesin se “grootste nagmerrie” het waar geword nadat hul honde, Lily en Ella, met Airlink teruggevlieg het na Gauteng. Die honde was saam met die gesin na Gouritzmond vir die vakansie. Hulle is op 6 Januarie omstreeks 11:00 ingeteken by die George-lughawe.
Toe Noelene, haar verloofde, Marcel Venter, en haar sussie, Xandri Swart, die diere om 16:00 by die O.R. Tambo-lughawe wou oplaai, moes hulle aanvanklik hoor die honde was nie op die vlug waarop hulle sou wees nie.