Die eerste foto van die boer Niel Bruwer en Chereze Maree, wat Saterdag afgehaak het nadat hulle mekaar op die gewilde kykNET-program Boer soek ’n vrou ontmoet het, is Sondag gepubliseer.
Die troue is by die Kaleo-gasteplaas in die Koue Bokkeveld naby Ceres gehou. Bruwer werk tans op ’n plaas buite die nabygeleë Prince Alfred Hamlet.
Aanhangers is Sondag getrakteer met ’n foto van die paartjie wat mekaar omhels, met Chereze in haar pragtige kant-trourok en Niel deftig in sy troupak.