Toe hy ’n sakdoek uithaal om die koffie op te vee wat hy gemors het, het sy geweet hy is die man vir haar.
Philissa Reyneke, oudhoofmeisie van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, en Daan van der Walt, oudhoofseun van die Afrikaanse Hoër Seunskool, is verlede week in die Oos-kerk tussen dié twee skole getroud.
Philissa vertel sy en Van der Walt het in hul matriekjaar in 2016 langs mekaar by ’n geleentheid vir hoofleiers gesit.