Die vrou van KwaZulu-Natal wat ’n maand gelede deur ’n kameelperdkoei aangeval is, sal Kersfees deurbring in die rehabilitasie-eenheid waar sy aansterk.
Nicole Panos (25) is in haar onderlyf verlam ná die aanval op Woensdag 19 Oktober in die Kuleni-wildpark buite Hluhluwe. Haar babadogter, Kaia (1), is dood weens ernstige kopbeserings wat sy opgedoen het toe die kameelperd hulle aangeval, geskop en vertrap het.
Panos se ma, Christa, en pa, Dylan, het Sondag gesê hul dogter het “ ’n moeilike week” in die rehabilitasiesentrum in Ballito gehad.