Dit was haar man, Tom Swartz, Survivor-wenner, wat Nicci Swartz (47) aangemoedig het om voltyds te skilder. Vandag versier haar intens kleurvolle muurskilderye onder meer die strate van Gqeberha, haar tuisstad.
“Ek het ’n diep liefde vir Suid-Afrika. Nêrens anders in die wêreld sal jy mense soos Suid-Afrikaners vind met soveel pragtige kleure en geskiedenis nie,” sê sy.
Benewens Suid-Afrikaners en die Suid-Afrikaanse landskap, het sy deesdae ’n nuwe bron van inspirasie vir haar kuns: kanker.