Die sesjarige Enrico Snyders se ma, Marie, verwag nog enige oomblik dat haar kaalvoet-krulkopkind met die “fluitjie-gille” en ’n gekraai van die lag by die vertrek kan inhardloop. Maar sedert Sondag gebeur dit nie.
Hy en pa Willem sou nog gaan hare sny het, maar toe Willem sy kind soek sodat hulle kan ry, was die seuntjie weg. Hulle het oral op die hoewe waar die Snyders-gesin net buite Springs woon, begin soek.
Die kind is toe bewegingloos in die bagasiebak van ’n motor gevind. Hy is later in die hospitaal dood verklaar.