Die familie van die Suid-Afrikaanse hip-hop-musikant Constantinos Tsobanoglou (28) met die verhoognaam Costa Titch het Sondag in ’n verklaring bevestig dat die rapper Saterdagaand dood is nadat hy tydens ’n optrede inmekaar gesak het.
Titch het Saterdag by die Ultra South Africa Music Festival by die Nasrec-esksposentrum in Nasrec, Johannesburg, opgetree.
Video’s wat deur feesgangers op sosiale media gedeel is, wys hoe hy op die verhoog inmekaar sak.