Die familie van die vermoorde konst. Ashwin Pedro (26) het mekaar Woensdagmiddag in trane vasgehou toe hulle sy stem hoor in ’n video waarin hy saam met twee vriende sing.
Dit is gespeel tydens ’n roudiens vir Pedro wat Woensdag deur honderde mense in die burgersentrum in Grassy Park bygewoon is. Hy is Donderdagmiddag glo deur ’n “bekende bendelid” doodgeskiet toe hy en ’n kollega op ’n klagte gereageer het oor ’n gewapende verdagte in Blackbirdstraat.
LEES OOK | Polisielede in trane op toneel ná ‘geliefde kollega’ se skietdood