Hy wou nes sy pa, ma en broer ook sy eie lewe neem, maar nou het Alex Nortjé matriek geslaag en het hy groot drome, berig Marizanne Kok.
Hy was 11 toe sy pa besluit het die deur na vryheid van die demone in sy kop was aan die einde van ’n tou, op die voorstoep van hul woonstel.