Dit is die jaar vir verlowings en huwelike in die geledere van Mej. Suid-Afrika nadat nog ’n skoonheidskoningin verloof geraak het.
Thato Mosehle, wat Suid-Afrika in Augustus in Pole verteenwoordig het by die Mej. Supranasionaal-kompetisie, het Maandagaand aangekondig dat sy verloof is.
“Ek het die een gevind vir wie my siel lief is,” het sy op Instagram gesê. “Ek het ja gesê!”