Die lykshuis is al vir hom gereed gekry. Die prokureur het reggestaan met die testament. Een pastoor het hom op die voorkop gesoen en hom vaarwel gesê, want sy hart het in die hospitaal op ’n Sondagaand drie keer gaan staan. En toe die Maandagoggend wéér. Vir ’n volle minuut en 34 sekondes.
Maar Raymond Miles (47), ’n deeltydse pastoor van Postmasburg in die Noord-Kaap, het medici verkeerd bewys en teruggeveg. Nou wil hy sy getuienis voltyds gaan verkondig.