Vir Faan Botha was dit liefde met die eerste oogopslag toe hy sy Hester sien.
Hester (86) vertel hoe sy nog op skool was toe Faan (89) haar die eerste keer gesien het.
“As ek in die middag koshuis toe geloop het, het hy en sy maats by dieselfde klaskamer ingestap om hul vakleerlingskap te doen.”