Daar is lig aan die einde van Layton Deakin Geanokopoulos (16) se stryd nadat ’n aggressiewe kanker in fase 4 in September verlede jaar by hom gediagnoseer is.
Hy het sedertdien nege sessies chemoterapie deurgemaak en hoewel dit fisiek en emosioneel moeilik was, het die gewas gekrimp.
Layton se ma, Michele, het Dinsdag by navraag gesê hulle is baie dankbaar dat sy been nie geamputeer hoef te word nie.