Sy ogies het nog geblink toe hulle by die hospitaal stilhou, maar die dokters kon haar kind nie red nie, vertel die bedroefde ma wie se seuntjie deur ’n pitbull verskeur is.
“Dit is so seer,” het Maryke van der Mescht (37) van Gonubie in Oos-Londen Vrydag gesê oor die wrede dood van haar 15 maande oue seuntjie, Ruben Roux.
“Ek wil hê mense moet weet wat regtig gebeur het,” het Van der Mescht gesê.