Die soektog na ’n jong man van Bloemfontein wat ná ’n ongeluk vermis was, het tragies geëindig toe hy ure later dood in die Mimosa Mall se parkeerarea aangetref is.
Dit volg op ’n reuse-soektog na Luan Nel nadat hy vroeg Saterdagoggend in ’n motorongeluk op die Abrahamskraalpad was en moontlik ’n hoofbesering opgedoen en in die stad rondgedwaal het.
Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê ’n nadoodse ondersoek word gedoen nadat ’n man se lyk wat as Nel geïdentifiseer is, om 12:45 in die parkeerterrein van die inkopiesentrum in Kellnerstraat gevind is.