Marizanne Strydom (20) se vriendinne aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein het haar roudiens Vrydag in die NG Moederkerk in Vrede met hul Oranje-skoolbaadjies bygewoon. Agter van links is Michelle Strydom (suster), Meghan van der Walt, Rachèl van Rijswijk, Mia Smith, Benita Schoonwinkel, Elney Botha, Anke Victor, Anja Strydom, Megan Vorster, Sanje Fourie, Paula Botha, Megan Herbert, Kenya Lessing en Catherine Smit. Voor is van links is Aleonor van Rijswijk, Lizen Pienaar, Anya van Niekerk, Carla Krugell, Zunke Prinsloo, Hesmarie Cilliers en Inge Pieterse.
“Marizanne is nie dood nie. Net haar aardse liggaam is dood.”
So het Marnus Strydom van Vrede in sy huldeblyk aan sy dogter op haar gedenkdiens gesê waar haar nagedagtenis geëer is.
Marizanne Strydom (20) se familie en vriende het Vrydag in die NG Moederkerk Vrede van haar afskeid geneem. Sy is verlede Donderdag op pad terug van die dorp na die plaas in ’n ongeluk dood.