Daar was ballone en roomys toe die vyfjarige Marno Muller Woensdag ná amper ‘n maand huis toe kon gaan.
Die klein vegtertjie wat Suid-Afrika se hart aangegryp het, het ‘n handvol ballonne vasgehou toe hy Woensdagmiddag laat die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg verlaat het.
Dit was 29 dae van bid, trane, geloof en hoop, sê Helga Muller (39) op Facebook.