Die matriekleerling van die Hoërskool Reitz in die Vrystaat wat veral jong mense inspireer, het spesiale erekleure vir hamergooi tydens die Suid-Afrikaanse skole-atletiekkampioenskap ontvang.
Megan Krüger se ouers, Dot en Casper, het Maandag self haar kleurbaadjie en das tydens ’n saalperiode oorhandig.
Sy het erekleure van die skool gekry nadat sy derde in die kampioenskap in April geëindig het.