’n Gesamentlike gedenkdiens is Vrydag vir ’n geliefde oudonderwyserspaar van Aliwal-Noord gehou nadat hulle dae ná mekaar gesterf het.
Hulde van veral oudkollegas en -leerlinge stroom in vir Bennie (72) en Zizi (67) Rens, wat onderskeidelik op 13 en 22 Maart gesterf het.
Daar word met groot lof van die oudonderwysers gepraat, wat met hul aftrede na die Wes-Kaap verhuis het.