Ouma Nellie Wentzel wat Saterdag haar 100ste verjaarsdag in Bloemfontein met ’n teepartytjie vier, meen die geheim vir ’n lang lewe is baie harde werk – en ook seën van die Here af.
Só sê haar dogter Lulu Wentzel (70), ’n afgetrede onderwyseres wat nog middag-studie by die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein gee. Haar ma woon by haar in ’n meenthuis in Langenhovenpark.
“My ma was haar lewe lank baie aktief en is geseën met baie talente.