’n Man van Kuilsrivier in die Wes-Kaap het Sondagoggend sy vrou en tienerdogter in ’n gesinstragedie in hul huis doodgeskiet, waarna hy sy eie lewe geneem het.
Ebrahim Sawant, wyksraadslid, het die voorval bevestig nadat hy op die toneel was.
“Dit is baie hartseer en die familie is nog erg geskok,” sê hy.