Waarskuwing: Van die foto’s by die berig kan lesers ontstel.
Operasies om Dupuo Kokolosi (47) se gesig te begin herbou nadat drie pitbulls haar in Potchefstroom verskeur het, sal na verwagting vandeesweek begin.
In die eerste operasie sal weefsel van haar heupe gebruik word om die gapings waar haar neus en bolip was, toe te maak, het Kokolosi se dogter, Patricia Modise, Sondag gesê.