Die rekonstruktiewe chirurgie aan ’n vrou se gesig wat geskend is toe drie pitbullhonde haar verskeur het, is weer uitgestel.
Die plan was dat Dupuo Kokolosi (47) vroeër vandeesmaand die eerste operasie sou kry om haar neus, bolip en ore te herbou. Die honde het hierdie gedeeltes van Kokolosi se gesig weggeskeur toe hulle haar in Januarie vanjaar in Potchefstroom aangeval het.
Kokolosi, ’n huiswerker, was alleen by die huis toe haar werkgewer, Chandré van der Linde, se honde haar gepak het net toe sy wou gaan wasgoed ophang.