’n Man van Bloemfontein wat daarna uitgesien het om op 8 Oktober vanjaar te trou, is Woensdagoggend sowat 20 km van Edenburg op die pad tussen Bloemfontein en die dorp in ’n motorongeluk dood.
Brendon Diener (28) wat in die ongeluk dood is, se verloofde, Marné Boucher (25), sê haar wêreld het in duie gestort.
“Ek het alles verloor waarvoor ek lief was,” het sy huilend vertel.