Prof. Fief van der Merwe (74), DA-raadslid van die Mangaung-metro wat einde Desember ná 34 jaar uittree, onthou hoe hulle destyds ure gestry het of die Bram Fischer-gebou (Glaspaleis) se ruite blou of brons moes wees.
En of dit ’n gebou van sandsteen of glas moes wees om tussen die baie historiese sandsteengeboue in Bloemfontein in te pas.
Van der Merwe sê die bou van die Glaspaleis was beslis een van die hoogtepunte in sy termyn in die ou Suid-Afrika en dit het tot ellelange debatte in die raad en daaglikse hoofberigte in Volksblad gelei.