“Om jou te verloor, is die moeilikste ding wat ek al ooit moes deurmaak. Ek sien uit na die dag wat ek jou weer kan sien en kan vashou.”
Dié woorde van Ashley Roux is Vrydag op die gedenkdiens van haar 11 maande oue dogtertjie, Liané, voorgelees.
Liané is verlede Saterdag dood nadat sy op 22 April ’n rekonstruktiewe hartoperasie ondergaan het.