Kinders van plaaswerkers is nie gedoem tot ’n lewe op plase wat in wit hande is nie. Hulle kan self eienaars in die bedryf word.
Dít is wat Paul Siguqa, eienaar van die wynplaas Klein Goederust in Franschhoek, by mense wil tuisbring.
Hy het die plaas in 2019 gekoop en dit in ’n boetiek-wynplaas omskep.