Die gemeenskap van Sutherland in die Noord-Kaap is in rou gedompel nadat ’n plaaslike seun vandeesweek in ’n skietvoorval gesterf het nadat hy glo toegang tot sy pa se vuurwapen verkry het.
Symington “Symi” van Deventer (13) is Dinsdag op die toneel van die ongeluk by hul huis dood verklaar, het sers. Timothy Sam, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Donderdagaand aan Netwerk24 gesê.
Die presiese omstandighede van die skietvoorval is nie bekend nie, ook nie watter soort vuurwapen die seun se dood veroorsaak het nie.