Elke keer wat De Klerk Oelofse verlede week die verhoog by die US Woordfees betree het, het daar vir hom ’n verrassing gewag.
Hy het die teks van sy toneelstuk, ’n Akkerboom, soos die palm van sy hand geken, maar hy (en die gehoor) het nie geweet wie saam met hom daarin sou speel nie.
En die ander akteur was geheel en al onvoorbereid. Die byspeler het nog nooit die stuk gesien nie en het nie ’n benul gehad waaroor dit gaan nie.