Daar was in 2022 geen tekort aan opspraakwekkende nuusgebeure nie. Van die oorlog in Oekraïne en die voortslepende koronaviruspandemie tot die omswaai van vroue in die VSA se grondwetlike reg op aborsies en op eie bodem die Phala Phala-skandaal en beurtkrag wat al hoe erger word.
Terwyl dit alles gebeur het, het plaaslike en internasionale bekendes ook voor en agter die skerms gewoeker, geskinder, getrou, gesterf, geskei en kinders gekry.
Hier is ’n oorsig van al die grootste "celeb"-nuus van die jaar.