Geskok en afgemat.
So het ’n 18-jarige student van die Universiteit Stellenbosch (US) wat na bewering Dinsdag deur ’n manlike student in die Majuba-manskoshuis verkrag is, haar gevoelens ná die beweerde voorval beskryf.
Volgens inligting het die beweerde voorval Dinsdag omstreeks 22:30 plaasgevind toe sy die student in die manskoshuis besoek het. Die saak is Woensdag by die polisie aangemeld en die manlike student is dieselfde dag in hegtenis geneem. Hy het Donderdag in die landdroshof in Stellenbosch verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 29 Junie en hy mag nie met die klaer kontak hê nie.