Vandag is sy baie bly dat sy as kind draadjies gekry het, want nou kan sy breed glimlag in die televisiedramareeks waarin sy teenoor onder andere Bobby van Jaarsveld speel.
Izel Bezuidenhout, wat die vrouehoofrol in Spoorloos: Die eiland op kykNET speel, sê sy lewe nou haar droom uit.
Volgens Bezuidenhout (23) het sy toevallig ná die verfilming van dié dramareeks, waarvan die eerste episode Dinsdagaand uitgesaai is, op ’n ou foto van haar en Van Jaarsveld afgekom. Op dié foto staan sy as 11-jarige meisie langs Van Jaarsveld, wat ná een van sy musiekkonserte geneem is.