Twee hartsvriendinne se plan om metgeselle vir hul vriende se troue in die Jakarandastad te kry was ’n groot sukses.
“Ons het gekry wat ons wou hê,” sê Marunelle Hitge (27), ’n prokureur van Mbombela, van haar en Janke Mulder (26), ’n Afrikaanslektor in Pretoria, wat in Augustus besluit het hulle gaan nie weer alleen na ’n troue toe nie.
Hul vriende Danel Wessels en JP Engelbrecht is Saterdag by De Harte naby Onderstepoort in die noorde van Pretoria getroud. Mulder was ’n strooimeisie.