’n Warmbloedige laventelhaan het sy moses teëgekom toe vyf vroue met wie hy gelyktydig intieme verhoudings gehad het, hom een oggend saam gekonfronteer het.
Die vyf het die bust, soos hulle dit noem, op 21 Julie gedoen.
Om 07:30 het die vroue een vir een die slaapkamer binnegestap waar Chris Reynold (49) rustig op die bed van een van die vroue gelê het.