Die geskeide Helen Keever het die Here gevra om vir haar op 70-jarige ouderdom ’n man te stuur om in haar oudag na haar om te sien.
“Toe stuur die Here my ou skoolliefde,” vertel sy.
Net meer as ’n halfeeu nadat Christy Josephs (71) en Helen se kys gebreek is en hulle verskillende paaie ingeslaan het, het die twee mekaar weer gevind. Vrydagaand het twee pastore hulle in Helen se woonstel in die eg verbind.