Die lyk van ’n 14-jarige skoolmeisie is Sondagoggend in Vryburg, Noordwes, se begraafplaas gevind.
Volgens Elias Malindi, woordvoerder van Noordwes se onderwysdepartement, is Sedika Lekhobo laas lewend gesien toe sy Saterdagmiddag by die huis weg is.
Sy was ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Vryburg.