Meer as 180 mense is binne vier dae in die Suid-Kaap vir verskeie oortredings in hegtenis geneem.
Van Donderdag tot Sondag is 185 mense aangekeer, van wie 21 vir dwelmverwante oortredings en 14 vir dronkbestuur.
Vrydag het lede van die Eden-kluster se eenheid vir misdaadbekamping en Wes-Kaapse verkeersbeamptes ’n Toyota-minibustaxi by ’n padblokkade by die ingang na George van die pad afgetrek.