’n Ryloper het twee vermeende rowers doodgeskiet wat hom by Mbombela opgelaai het.
Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die twee mans was Donderdagoggend in ’n silwer Volkswagen Polo in die rigting van Malelane op pad toe hulle in Valencia buite Mbombela vir ’n ryloper stilgehou en hom opgelaai het.
’n Ruk later het die mans afgedraai na die plaas Croc Valley toe een van hulle glo ’n mes uitgehaal en die ryloper probeer beroof het.