2 mans in bakkie met 19 vermoedelik gesteelde skape aangekeer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die bakkie waarin 19 vermoedelik gesteelde skape vervoer is.
Die bakkie waarin 19 vermoedelik gesteelde skape vervoer is.

Twee mans het Maandag in die landdroshof in Wolmaransstad verskyn nadat hulle die naweek met 19 skape ter waarde van ongeveer R40 000 in ’n bakkie betrap is.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, kon Tshepiso Molefe (33) en Itumeleng Phokomusi (41) nie ’n behoorlike verduideliking gee vir hoekom die skape in hul besit is toe die polisie hulle Saterdag voorgekeer het nie. “Polisielede het die bakkie met ’n kappie op die N12-hoofweg tussen Klerksdorp en Wolmaransstad opgemerk. Die voertuig het verdag gelyk. Nadat die polisie dit van die pad afgetrek het, kon die insittendes ook nie ’n permit toon om die skape te vervoer nie.”

Die verdagtes bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 15 Augustus. Hulle staan tereg op ’n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde skape. Die polisie het op die skape beslag gelê terwyl die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies in Stilfontein die saak verder ondersoek, het Myburgh gesê.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
17.84
+1.3%
Rand - Pond
20.20
-0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.2%
Goud
1,699.36
+2.3%
Silwer
20.69
+8.7%
Palladium
2,225.50
+2.7%
Platinum
904.00
+4.6%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,850
+0.8%
Alle aandele
64,227
+0.8%
Hulpbronne 10
61,646
+2.3%
Industriële 25
77,524
+0.2%
Finansiële 15
13,816
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos