Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo Saterdagoggend vroeg ’n vulstasie in Marikana in Noordwes van kontant en sigarette beroof het.
Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê in ’n mediaverklaring rowers het omstreeks 04:00 Saterdagoggend op die vulstasie toegesak, personeel met vuurwapens aangehou en ’n onbekende bedrag kontant en sigarette by die vulstasie gesteel.
Die rowers het te voet gevlug, maar kort daarna het ’n skietgeveg tussen hulle en veiligheidswagte, wat hulle agtervolg het, ontstaan.