Twee vermeende kapers is Woensdag in ’n polisieoperasie in Sabie, Mpumalanga, in hegtenis geneem.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die Valke se span wat ernstige misdade ondersoek, het saam met die polisie se misdaadintelligensie en blitspatrollie inligting oor die twee mans opgevolg ná ’n motorkaping in Kabokweni.
“Die mans was in besit van drie vuurwapens en twee selfone, wat aan die slagoffer van die motorkaping behoort. Hulle word ook verbind met sake van motordiefstal in Kabokweni, Pienaar en Graskop,” sê Sekgotodi.