Twee verdagtes wat na bewering regstreeks verbind word met ’n vragmotorkapingsindikaat wat in Durban, KwaZulu-Natal bedrywig is, is Dinsdag aangekeer.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ’n verklaring hulle het omstreeks 16:00 inligting ontvang dat vyf mans in ’n wit Toyota Corolla met ’n verkoelingsleepwa op die R102 langs die King Shaka-lughawe peuter.
Toe Rusa-lede op die toneel aankom, het vier mans in die Toyota weggejaag. ’n Vyfde man het agter die voertuig aangehardloop.