Twee mans wat na bewering sowat R5 000 se kaas uit ’n kaasfabriek in Bonnievale in Wes-Kaap gesteel het, is vasgetrek en het Woensdag in die hof verskyn.
Die Bonnievale-aanleg van Lactalis Suid-Afrika (voorheen Parmalat) het Donderdag by navraag die beweerde diefstal aan Netwerk24 bevestig, maar wou nie verdere besonderhede gee nie.
Na verneem word, is die twee mans werknemers van die aanleg. Na bewering is 400 blokke kaas gesteel en in ’n motor gelaai.