Meer as 200 mense is die afgelope naweek in die Suid-Kaap vir verskeie oortredings vasgetrek.
Die 204 inhegtenisnemings is van Vrydag tot Sondag om 06:00 gemaak vir ernstige tot minder ernstige misdade.
Van hulle is agt mense wat in hegtenis geneem is weens lasbriewe wat vir hul arrestasie uitgereik is.