Wayne van Zyl (23) se familie voel “verlore” nadat hy die afgelope naweek dood is nadat hy buite ’n kuierplek in Klerksdorp, Noordwes, aangerand is.
Hy is Sondag in die vroeë oggendure op die toneel dood.
“ ’n Pragtige, sterk seun is uit ons familie geskeur,” het Van Zyl se tannie, Lizette Brown, Maandag gesê. “Sy lewe het nou maar eers begin. Hy was ’n great outjie met ’n groot toekoms voor hom.”