Meer as 280 mense is die afgelope naweek in die Suid-Kaap in hegtenis geneem weens oortredings wat van die besit van dwelms tot oortredings van die aandklokreël wissel.
Die polisie in die Eden-polisiëringsgroep het van Vrydag tot Sondag verskeie misdaadvoorkomingsoperasies van stapel gestuur in gebiede wat gewoonlik onder misdaad deurloop.
Drank- en dwelm-afsetpunte is besoek, motors is deursoek en verskeie beslagleggings is gedoen. Altesame 282 mense is in hegtenis geneem.