Oor die afgelope vyf jaar het 3 570 gevangenes landwyd uit polisieaanhouding ontsnap.
Die inligting is verlede week deur Bheki Cele, minister van polisie, in ’n skriftelike antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA onthul.
Minder as 3 000 van die ontsnaptes is in die 2016-’17- tot 2020-’21-boekjaar weer in hegtenis geneem.