“Dit raak nou die norm in Delft,” sê Charles George, woordvoerder vir die Delft-gemeenskapspolisiëringsforum, nadat drie jong mense doodgeskiet is kort nadat ’n polisievrou Dinsdagaand voor haar huis doodgeskiet is.
Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die lyke van twee mans en ’n vrou, almal in hul laat twintigs, is Donderdagmiddag in ’n plakkershut in ’n informele nedersetting in Delft ontdek.
Konst. Shamielah Arendse (25) is Dinsdagaand voor haar huis doodgeskiet.